Xerox is 'n Amerikaanse maatskappy wat wêreldwyd sake doen. Hulle vervaardig hoofsaaklik fotostaatmasjiene en drukkers, asook ander terminologieë waarmee dokumente bestuur en gereproduseer kan word. Hulle is bekend vir die bekendstelling van die eerste moderne fotokopieerders in die laat 1950's.
Die maatskappy is in 1906 onder die naam Haloid gestig. Nadat hulle 'n patent van Chester Carlson vir die sogenaamde "xerografiese proses" bekom het, hernoem die maatskappy homself Xerox. Hulle hoofkantoor is in Norwalk, Connecticut geleë, hoewel die meeste van hul werknemers in die omgewing van Rochester in New York werk, waar die maatskappy oorspronklik ontstaan het. Die maatskappy het in Desember 2010 ongeveer 133 000 werknemers wêreldwyd gehad. Ursula Burns is vanaf 2009 die hoof uitvoerende beampte en voorsitter.
Xerox se navorsers by sy Palo Alto-navorsingsentrum het verskeie belangrike elemente van persoonlike rekenaars uitgevind, soos die rekenaarmuis en "lessenaar"-georiënteerde koppelvlak. Die maatskappy se bestuur het nie veel van hierdie uitvindings gedink nie, en hulle ingenieurs beveel om dit met Apple se tegnici te deel.Wikipedia
About Xerox
CEOSteven Bandrowczak
Employees22,9 k
Founded18 Apr. 1906
HeadquartersNorwalk, Connecticut, Verenigde State van Amerika