Veolia is 'n Franse multinasionale wêreldleier in kollektiewe dienste. Veolia bemark watersiklusbestuur, afvalbestuur en -herwinning en energiebestuursdienste aan klante wat bestaan uit plaaslike gemeenskappe en besighede.
Daar is meer as 163 000 mense op vyf vastelande in diens. Veolia se omset in 2015 was 24.965 miljard euro. Die maatskappy is op die Paryse Effektebeurs genoteer en was tot die vrywillige onttrekking in 2014 op die New York Aandelebeurs genoteer.Wikipedia