TuisBRL / USD • Geldeenheid
add
BRL / USD
Vorige sluiting
0,18
Marknuus
AZUL
9,59%
Meer oor Brasilliaanse reaal
Die Brasiliaanse real is die geldeenheid van Brasilië. Een real is 'n honderd centavos.
Die naam real verwys na die Portugese woord vir koninklik.
Munte in sirkulasie is: 5, 10, 25, 50 centavos en 1 real. Die papiergeld is beskikbaar in 2, 5, 10, 20, 50 100 en 200 real.
Die eerste geldeenheid wat in Brasilië gebruik is vanaf 1624 was die gulden, tydens die besetting van Brasilië deur Nederland. Die reais word al vanaf 1654 as geldeenheid in Brasilië gebruik en was die eerste ware Brasiliaanse geldeenheid sedert 1690.
As gevolg van inflasie is die mil-réis in 1846 in gebruik geneem. Mil-réis beteken duisend real. Die mil-réis is deur die cruzeiro in 1942 vervang in 'n 1:1 verhouding, alhoewel die mil-réis nog tot in 1955 in gebruik was. WikipediaMeer oor VSA-dollar
Die Amerikaanse dollar of VSA-dollar is die amptelike geldeenheid van die Verenigde State van Amerika en sy eilandgebiede, asook van Bonaire, die Britse Maagde-eilande, Ecuador, El Salvador, Liberië, die Marshalleilande, die Gefedereerde State van Mikronesië, Oos-Timor, Palau, Panama, Saba, Sint Eustatius, die Turks- en Caicos-eilande en Zimbabwe.
Die VSA neem die dollar in 1792 in gebruik. Die geldeenheid word sedert die Tweede Wêreldoorlog as anker-valuta in die internasionale handel beskou. Vir die rede word die pryse van goud en olie internasionaal in dollars uitgedruk. Wikipedia